Van Pretoria
Neem die N4 oos (rigting Witbank). Draai regs oor die snelweg by die Cullinan/Rayton/Kemptonpark-afrit (tolhek). Draai na sowat 3km links by die Diamantvallei-bord op 'n grondpad en volg die groen Diamantvallei-borde.
OF
Neem Lynnwood in 'n oostelike rigting. Draai links op die Boschkoppad. Ry tot by 'n T-aansluiting en draai daar links. Volg die pad na Rayton vir ongeveer 5 km. Net verby die Donkerhoekpad aan die linkerkant, draai regs op 'n grondpad na Diamantvallei en volg die groen Diamantvallei-borde.
Van Johannesburg
Neem die N1 noord na Pretoria. Draai regs op die N4 oos, rigting Witbank. Gaan voort soos beskryf vanaf Pretoria. of Neem die R21 noord (Kempton Park na Pretoria). Neem die Bapsfontein/Bronkhorstspruit afrit en ry in die rigting van Bapsfontein en Bronkhorstspruit. Draai regs by die T-aansluiting. In Bapsfontein, draai links by die vierrigtingstopkruising na Bronkhorstspruit. Draai links na die brug oor die spoorlyn, na Cullinan (sowat 10 km). Net verby die Donkerhoekpad aan die linkerkant, draai regs op 'n grondpad na Diamantvallei en volg die groen Diamantvallei-borde.
Van Witbank
Neem die N4 wes, rigting Pretoria. Neem die eerste afrit na groot tolhek (Cullinan, Rayton, Kempton Park). Draai links in die rigting van Bapsfontein. Draai na sowat 2km links by die Diamantvallei-bord op 'n grondpad en volg die groen Diamantvallei-borde.
GPS-koördinate: Suid: 25º 48' 58.66" Oos: 28º 31' 35.97"